Vakansieromanse

RomanzaLiefde

Romanza het ‘n nuwe produk op die rakke! Die RomanzaLiefde-tydskrif is perfek om hierdie vakansie in jou tas te pak, in jou strandsak te sit, of in ‘n vriendin se Kerskous te bêre. Dit bevat vier lekkerlees liefdesverhale deur die skrywers Bernette Bergenthuin, Dina Botha, Madelie Human en Joanna Alexander, plus ‘n bonus uittreksel uit die Romanza Laat ek jou liefhê deur Annerie Linde. Ek het veral daarvan gehou dat die stories Kersie bo-op (Bernette Bergenthuin) en Sluimerende liefde (Joanna Alexander) met moeilike kwessies soos gewig en die dood van ‘n kind werk, maar nog steeds op ‘n goedvoel of hoopvolle manier eindig. Liefde met die eerste oogopslag (Dina Botha) en Toe-oë-afspraak (Madelie Human) se idees is albei baie oorspronklik.

RomanzaLiefde is beskikbaar by Spar, Checkers, CNA en Clicks.

Wilde Hawer deur Madelie Human

Leah is al vandat sy ‘n jong meisie was verlief op haar stiefbroer, Ben. Noudat sy ouer is, raak dit al hoe moeiliker om hom soos ‘n broer eerder as ‘n man lief te hê…

Fisioterapeut Marica se nuutste pasiënt is ‘n aantreklike avontuurvraat, wat beseer is in ‘n mikrovliegtuig ongeluk. Sal sy dit regkry om Dirk te tem?

Sureta is vir ses jaar al ‘n enkelma. Dan maak die pa van haar kind weer ‘n verskynsel in haar lewe en so leer sy van vooraf vir Kobus ken.

Wilder Hawer is ‘n heerlike trilogie wat jou sal laat aanhou lees tot die laaste gelukkige einde.

Advertisements

One thought on “Vakansieromanse

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s